Central SA
Vyf verdagtes in NK-hof vir dwelmhandel─── 10:30 Tue, 28 Dec 2021
Vyf verdagtes, waaronder drie buitelandse burgers, verskyn vandag in die Pampierstad-landdroshof in die Noord-Kaap.
Dit volg nadat hulle tydens 'n operasie deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) by 'n huis in die Sakhile informele woonbuurt in hegtenis geneem is vir beweerde dwelmhandel.
Tik ter waarde van meer as R25 000 en 'n onbekende bedrag geld is in hulle besit gevind.
Luitenant-kolonel Gabanakgosi Morebodi het SAPD-lede betrokke by die operasie geloof en aangevoer dat die polisie onverpoos werk om die gemeenskape dwelmvry te kry.
OFM-nuus/Roderick Titus
