Central SA
Oranjerivier vir die tweede keer in 2021 in vloed─── 11:13 Tue, 28 Dec 2021
Die Oranjerivier is vir die tweede keer vir vanjaar in vloed ná water vanuit die Gariepdam, wat Maandag meer as 110% vol was, losgelaat is.
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) waarsku dat nóg groot vloede in Maart 2022 verwag kan word indien nog sterk weerstelsels reën na die binneland gaan bring.
Venetia Phakula van die weerdiens sê die Gariep- en Vanderkloofdamme het begin oorloop weens die goeie reën van die afgelope weke.
Goeie reën het ook daartoe gelei dat 'n 4,2 meter styging in watervlakke by Upington gerapporteer is en nog stygings in watervlakke by Vrydag verwag word.
Intussen sê die Augrabies Nasionale Park bekende watervalle is dus 'n aantrekingspleister met die water wat reeds teen 1 118,38 kubieke meter per sekonde vloei.
Inwoners langs die Oranjerivier is egter gevra om op hulle hoede te wees en liewers nie aan enige watersport deelneem nie, asook om diere laer stroomaf na hoogliggende gebiede te skuif.
OFM-nuus/Roderick Titus
