On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Sommige dorpe in NK sonder krag ná swaar reën

───   11:00 Wed, 29 Dec 2021

Sommige dorpe in NK sonder krag ná swaar reën | News Article

Inwoners van die voormalige Mier Munisipaliteit, wat by die Dawid Kruiper Munisipaliteit ingelyf is, is sedert die onlangse swaar reën in die Noord-Kaap sonder elektrisiteit.

Dit volg nadat kragpale by Hakskeenpan in die Kalahari omgeval het weens die reën en sterk wind. 

Dorpe wat Askham en Andriesvale insluit, is deel van meer as vyf dorpe wat in die donker gelaat is. 

Eskom se Patricia Tsepane sê sewe pale is by Hakskeenpan weens die reën en sterk wind beskadig. Sy voeg verder by dat dit moeilik is om presies te kan sê wanneer herstelwerk aan die infrastruktuur afgehandel gaan wees. 

Tsepane sê die pale lê in water wat in Hakskeenpan, wat bekend is vir pogings om die wêreldspoedrekord te verbeter, sake vir sy personeel moeilik maak.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.