On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Moordverdagte vas in Colesberg

───   11:31 Thu, 30 Dec 2021

Moordverdagte vas in Colesberg  | News Article

Die polisie het ‘n Lesotho burger, wat van moord verdink word, in Colesberg in hegtenis geneem.

Die arrestasie volg na die polisie in Clanwilliam in die Wes-Kaap inligting rakende die verdagte aan stasies uitgereik het, om op die uitkyk te wees vir die verdagte wat glo na Lesotho onderweg as.

Die verdagte het glo ‘n vrou in Clanwilliam verskeie kere met ‘n mes gesteek en daarna verdwyn.

Die mes waarmee die vrou vermoedelik vermoor is, is in sy besit gevind, terwyl daar ook op ‘n voertuig beslag gelê is.

Die arrestasie is op die N1 buite Colesberg uitgevoer.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.