On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

Vier vas vir plaasaanval

───   10:11 Fri, 31 Dec 2021

Vier vas vir plaasaanval  | News Article

Vier verdagtes wat verbind word tot ‘n plaasaanval op Holfontein sal Vrydag, 31 Desember 2021, in die Heilbron Landdroshof verskyn op aanklagte van moord.

Lede van Heibron SAPD Speureenheid met ondersteuning van Vrystaat Provinsiale Georganiseerde Misdaad het 'n deurbraak behaal met die arrestasie van vier verdagtes in die voorval waarin die 53-jarige Petrus Steyn sy lewe verloor het.

Die vier verdagtes, drie mans en een vrou tussen die ouderdomme van 27 en 51 jaar, is Woensdag, 29 Desember 2021 in hegtenis geneem.

Die vroulike verdagte en 'n 51-jarige man is inwonende plaaswerkers van Holfontein en die ander twee mans is inwoners van Frankfort.

Volgens polisiewoordvoerder Motantsi Makhele het hul arrestasie gevolg op inligting wat ontvang is van gemeenskapslede.


OFM-nuus/Mia-Leigh Cloete

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.