On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

60% van NK teen #Covid19 ingeënt

───   15:46 Mon, 03 Jan 2022

60% van NK teen #Covid19 ingeënt | News Article
Photo: Charl Devenish

Die LUR vir Gesondheid in die Noord-Kaap, Maruping Lekwene, sê 60% van die provinsie se inwoners is sedert 17 Februarie 2021 tot op hede teen Covid-19 ingeënt.

Die LUR sê in ‘n verklaring dat meer as 581 800 inwoners, wat diegene twaalf jaar en ouer insluit, ingeënt is.

Lekwene sê sy departement moedig steeds inwoners aan om hulleself teen die virs te beskerm, deur hulself te laat inent.

Lekwene voeg by inwoners moet steeds voortgaan om die voorgeskrewe maatreëls, soos deur die Nasionale Coronavirus-bevelsraad ingestel, na te kom.

Hy sê ook inentingsfasiliteite regoor die provinsie is gereed om mense teen die virus in te ent.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.