On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Nuwe gesondheidswerkers vir die NK

───   11:00 Wed, 05 Jan 2022

Nuwe gesondheidswerkers vir die NK  | News Article
Foto: Gauteng Health

Die Noord-Kaapse Departement van Gesondheid het altesaam 308 nuwe gesondheidswerkers - insluitende dokters wat vir gemeenskapsdiens aanmeld en verpleegsters verwelkom.

Die provinsiale departement sê die groep gesondheidswerkers gaan by verskeie hospitale en klinieke regoor die provinsie geplaas word. 

Noord-Kaapse LUR vir Gesondheid, Maruping Lekwene, het die Robert Managaliso Sobukwe-hospitaal in Kimberley - as deel van die  verwelkomingsprogram – besoek.

Die nuutaangestelde personeel gaan na verwagting die tekort aan gesondheidswerkers in die provinsie aanspreek.

Altesaam drie sielkundiges, 23 arbeidsterapeute, 14 dieetkundiges, 14 oudioloë, 27 fisioterapeute, nege spraaktererapeute, 15 diagnostiese radiografie , 73 mediese beamptes vir gemeenskapsdiens, 40 mediese dokters, 35 professionele verpleegsters, 38 aptekers, 14 tandartse en 13 omgewingsgesondheidspraktisyne is aangestel. 

Die departement sê die groep se aanstelling gaan die reeds arm gesondheidsdepartement sowat R207,3m uit die sak jaag. 

Die indiensopleidingskontrakte vir die gesondheidswerkers beloop twee jaar.

OFM-nuus/ Mia-Leigh Cloete

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.