On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Waarskuwing vir motoriste in NK

───   12:04 Wed, 05 Jan 2022

Waarskuwing vir motoriste in NK | News Article

Die Noord-Kaapse Departement van Paaie en Openbare Werke het motoriste - wat van lae waterbrûe op die pad tussen Langleg en Barkley-Wes asook naby Gong Gong gebruik maak - gewaarsku dat paaie in dié gebiede gesluit is.

Dit volg nadat dié brûe oorspoel is toe sluise by die Vaaldam oopgemaak is om verligting aan die oorvol dam te bring. 

Die woordvoerder vir die departement, Macdonald Silingile, het die sluiting van die paaie bevestig.

Woordvoerder van die Nasionale Departement van Water en Sanitasie, Sputnik Ratau, sê motoriste en voetgangers moet nie die sterkte van die vloei van die water onderskat nie en hierdie brûe probeer oorsteek nie.

Hy sê alle watersport en -aktiwiteite wat met die rivier verband hou, moet ook onmiddelik gestaak word aangesien dit tot lewensverliese kan lei.


OFM-nuus/Roderick Titus




@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.