Central SA
Noord-Kaapse paaie steeds gesluit weens verspoelde brûe─── 16:09 Thu, 06 Jan 2022
Die Departement van Paaie en Openbare Werke se Patricia Faroo sê die pad tussen Langley Resort en Barkley-Wes, asook die pad na Gong Gong bly gesluit tot verdere kennisgewing.
Sy voeg by laagwater-brûe na die gebiede is weens die groot volumes water vanuit die Vaal- en Bloemhofdam, langs die Oranjerivier oorstroom.
Faroo waarsku inwoners in die gebied om dit nie te waag om hierdie brûe oor te steek nie, omdat die stroom veel sterker is as wat mense verwag, en voertuie meegesleur kan word.
Intussen sê die departement se MacDonald Silingile dat die R31 nie gesluit is nie.
OFM-nuus/Roderick Titus
