Central SA
Eskom nader hof oor munisipale skuld─── 16:15 Mon, 10 Jan 2022
Eskom gaan hom tot die hof wend in 'n poging om nagenoeg R106 miljoen wat die Renosterberg Plaaslike Munisipaliteit aan die staatsentiteit skuld in te vorder.
Eskom het geweier om die skuld te dra vir onbetaalde Desember-salarisse aan werkers by die Noord-Kaapse munisipaliteit, weens regstappe wat deur die kragvoorsiener geneem is om die munisipaliteit se bankrekening te vries.
Munisipale personeel het Vrydag 'n staking begin, wat daartoe gelei het dat watertoevoer afgesny is.
DA-raadslid, Matt Posthumus, sê intussen word dringende, hoëvlak-ingryping deur Premier Zamani Saul vereis.
Indien die probleem volgens Posthumus nie dadelik aangespreek word nie, kan dit verdere verwoesting in Renosterberg en ander munisipaliteite in die provinsie saai.
OFM-nuus/ Mia-Leigh Cloete
