On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

VS LUR Makgoe lui die nuwe skooljaar in met besoek, monitering - VIDEO

───   BLAINE JONES 09:39 Wed, 12 Jan 2022

VS LUR Makgoe lui die nuwe skooljaar in met besoek, monitering - VIDEO | News Article
PHOTO: Blaine Jones

As deel van die Vrystaatse Departement van Onderwys se nuwe akademiese kalenderjaar in 2022 en sy skoolmoniteringsprogram, besoek die LUR Tate Makgoe drie skole in Mangaung.

Makgoe het Dinsdagoggend vroeg leerlinge by die Laerskool Credence in Bloemfontein verwelkom. Makgoe het nie net die skoolperseel en personeel gemonitor nie, maar het ook direk met die leerders interaksie gehad. Hy beplan om later vanoggend die Lereko Sekondêre Skool te besoek, asook die Albert Moroka Sekondêre Skool in Thaba Nchu. 

Makgoe sal die jaar se beplanning vir die Albert Moroka Sekondêre Skool aanspreek nadat dit verlede jaar deur 'n storm geraak is.

Matriekvraestelle is by dié skool, wat ook 'n nasiensentrum was, beskadig en 'n nasiener is lig beseer tydens 'n swaar haelstorm wat die skool in Thaba Nchu beskadig het. Die departement het gesê die dak by die skool het afgewaai terwyl nasienwerk gedoen is. 

Intussen het Makgoe tydens sy besoek aan die Laerskool Credence opvoeders aangemoedig om vanjaar op 'n persoonlike en akademiese grondslag 'n impak in elke kind se lewe te hê.



OFM-nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.