Central SA
Plaaslike onderwyser hoopvol voor nuwe akademiese jaar─── BLAINE JONES 12:00 Wed, 12 Jan 2022
Ná 'n moeilike en frustrerende 2021 akademiese jaar vir onderwysers en leerders, is 2022 'n jaar vol hoop en optimisme.
Onderwysers by 'n plaaslike skool in Heidedal in Bloemfontein sê hulle is hoopvol dat vanjaar baie beter sal wees as wat hulle in 2021 ervaar het, met baie negatiewe implikasies weens Covid-19.
‘n Onderwyser van die Credence Primêre Skool in Heidedal, Elzain Baatjies, sê dit is goed om terug by die skool te wees ná soveel uitdagings tydens die Covid-19-pandemie. Baaitjies sê sy hoop dat vanjaar 'n goeie jaar vir onderwysers en leerders sal wees. Baaitjies sê die skool het ‘n goeie opkoms in leerders gehad met al die leerders wat ingeskryf het en terug by die skool is. Sy sê die grootse uitdaging as ‘n onderwyser is leerders wat nie gereeld skool toe kom nie as gevolg van die skool se rotasiebasis. Leerders is weens Covid-19-beperkings in groepe geplaas wat op 'n rotasiebasis slegs spesifieke dae skool kon bywoon.
“Veral met die kleintjies is dit baie moelik want hulle het voldtyds aandag nodig. Om elke tweede dag skool toe te kom is vir hulle, asook die ouers, ‘n uitdaging. Meeste van ons ouers werk en hulle kan nie hul kinders daardie individuele aandag gee nie. As Covid ons toelaat, kan ons die kinders op ‘n gereelde basis by die skool kry,” sê Baaitjies.
OFM-nuus
