On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Drie NK polisiebeamptes verskyn in die hof

───   12:41 Wed, 12 Jan 2022

Drie NK polisiebeamptes verskyn in die hof | News Article

Drie lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens in die Noord-Kaap, wat in hegtenis geneem en aangekla is van afpersing, het in die Upington-landdroshof verskyn.

Martin Bosch is op borgtog van R500 vrygelaat nadat hy Sondag in hegtenis geneem is.

Philip Gaekwathi is op borgtog van R1 000 vrygelaat, terwyl Thapelo Semamai in aanhouding bly nadat dit aan die lig gekom het dat hy reeds teregstaan op aanklagte van onder meer dronkbestuur en korrupsie.

Die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek bewerings dat die lede glo R10 000 van 'n Kongolese burger geëis het, nadat hulle in November 2021 sy huis vir dwelms deursoek het.

Woordvoerder Grace Langa sê R40 000 is in 'n kussingsloop gevind en nog R5 000 elders in die huis.

Die klaer het R4 000 aan die beamptes oorhandig en 'n klag by die Paballelo-polisiestasie aanhangig gemaak.

Die verdagtes sal weer op 24 Januarie in die hof verskyn.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.