On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Nog ‘n diensleweringsbetoging in Mangaung beplan

───   CATHY DLODLO 12:19 Thu, 13 Jan 2022

Nog ‘n diensleweringsbetoging in Mangaung beplan | News Article
ARGIEFFOTO: Lucky Nkuyane

Die Mangaung Service Delivery Forum (MSDF) beplan om die nuwe jaar af te skop met nog ‘n betoging weens swak dienslewering teen die brandarm Mangaung-metromunisipaliteit (MMM).

Dié munisipaliteit se senior bestuurspan het reeds tydens ‘n sitting van die Verkose Komitee van die Nasionale Raad van Provinsies, gesê die aanhoudende betogings teen die munisipaliteit die afgelope jaar hou ernstige uitdagings vir die munisipaliteit in. 

Tydens dié sitting is die feit bespreek dat die munisipaliteit vandeesmaand reeds vir ‘n jaar lank onder administrasie was maar geen verbetering toon nie. Volgens sosiale media inskrywings beplan die drukgroep om verskeie betogings tussen 19 en 21 Januarie te hou. Dié groep se betogings het voorheen die stad vir dae tot stilstand geruk. Hulle eis dat korrupsie, nepotisme en werkloosheid ook dringend aangespreek word. Intussen het die stad ‘n mediakonferensie wat beplan is om die brugemeester se aksieplan vir die volgende 100 dae in dié posisie te bespreek, op die laaste minuut uitgestel.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.