Central SA
Kinderkoor in Bfn op soek na soprane─── BLAINE JONES 06:48 Fri, 14 Jan 2022

Die kinderkoor in Bloemfontein, nou genoem die Bloemfontein Children's Choir, is op soek na soprane vir sy 2022 lente-oudisies.
Adjunk-voorsitter van die koor, Elke de Witt, sê dit is 'n wonderlike geleentheid om deel te wees van 'n kinderkoor waar kinders geweldig leer en groei. Die koor is 35 jaar gelede gestig.
De Witt sê oudisies vind op 17 Januarie vanaf 17:30 - 19:00 by die NG Kerk Bloemfontein-Wes, Westdene, plaas. Sy sê kinders tussen die ouderdomme van 9 en 15 jaar is welkom om dit by te woon. Sy sê oudisies is op 'n afspraak-basis beskikbaar en daarom is dit belangrik dat ouers die koor kontak.
"Ons is in 'n ongelooflike bevoorregte posisie om 'n groot geskiedenis te hê wat deur baie jare opgebou is en die koor op 'n platform plaas wat beide nasionaal en internasionaal bekendheid verwerf het."
LEES: Bloemfontein Children's Choir: Nuwe musiekvideo bekend gestel
Die eerste program waarby die koor betrokke is, sal volgende naweek plaasvind wanneer die koor op 'n koorkamp bymekaar kom om die nuwe jaar te begin.
Vir besprekings, skakel 083 561 6517.
OFM-nuus