On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Trio met meer as R2 miljoen se dwelms betrap

───   BLAINE JONES 10:50 Sat, 15 Jan 2022

Trio met meer as R2 miljoen se dwelms betrap | News Article

Drie verdagtes sal op 28 Maart 2022 in die Vrede-landdroshof verskyn ná hul inhegtenisneming deur die Vrystaatse Valke vir die handel en vervaardiging van dwelms.

Valke-woordvoerder in die Vrystaat, Christopher Singo, sê hul inhegtenisname volg nadat inligting ontvang is oor 'n dwelm-laboratorium op ‘n plaas in Memel.

Die span het 'n soek- en beslagleggingsoperasie uitgevoer waar hulle 100kg se sogenaamde towersampioene oftewel “magic mushrooms” met 'n geraamde straatwaarde van R2,5 miljoen ontdek het.

Daar is beslag gelê op al die dwelms, insluitend toerusting en masjiene wat gebruik was in die groei van die sampioene.

Die drie verdagtes is Donderdag, 13 Januarie 2022, in hegtenis geneem en het die afgelope Vrydag, 14 Januarie 2022, hul eerste verskyning gemaak.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.