On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Groen hidro-projek in Noord-Kaap van stapel gestuur

───   11:06 Sat, 15 Jan 2022

Groen hidro-projek in Noord-Kaap van stapel gestuur | News Article

Die Minister in die Presidensie, Mondli Gungubele, het Port Nolloth in die Namakwa-streek besoek waar ‘n groen hidro-projek van stapel gestuur word.

Die minister is vergesel deur die Noord-Kaapse LUR vir Samewerkende Regering, Menslike Nedersettings en Tradisionele Sake, Bentley Vass.

Tydens die besoek het die minister die samewerking van die petrochemiese maatskappy Sasol verwelkom.

Volgens Gungubele sal Sasol se samewerking tot werksgeleenthede vir inwoners in die dorp lei.

Sasol sal die ontwikkeling van die multi-miljard rand projek hanteer.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.