On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Trompsburg Primêre Skool het talent! - VIDEO

───   BLAINE JONES 13:16 Tue, 18 Jan 2022

Trompsburg Primêre Skool het talent! - VIDEO | News Article
VIDEOGREEP

'n Video op sosiale media het die afgelope maand opslae gemaak met die wonderbaarlike talent van drie laerskoolleerlinge van die Trompsburg Primêre Skool in die Vrystaat.

In die video kan gesien word hoe twee graad 7-leerders saam met 'n graad drie-leerder sing, kitaar en klavier speel. Dit het die aandag van 'n yslike 427 000 kykers op Facebook getrek. In 'n onderhoud met OFM-nuus, sê die skoolhoof, Louwrens Strydom, die video wat in November 2021 opgelaai is, is op verskeie sosiale media platforms gedeel, waar die steun alle evrwagtinge oortref het. Dit is 'n wonderlike geleentheid om die talent in Trompsburg, sowel as die skool, aan mense te wys.

Strydom sê die video is van 'n skoolgeleentheid waar leerders die geleentheid kry om op te tree. Hy voeg verder by dat die skool blootstelling ontvang het, maar dat die leerders spesifiek deur verskeie mense regoor die provinsie en land genooi is om daar op te tree.

“Daar was definitief op nasionale vlak blootstelling gewees. Verskeie nasionale Afrikaanse sangers en kunstenaars het ook gereageer en die video verder gedeel. Die video het op Facebook meer as 700 000 mense bereik. Honderde het kommentaar gelewer,” sê Strydom.

Die twee graad sewe-leerders, Izak en Montle, wat sing en kitaar speel, is vriende en speel ook saam tennis. Izak en Montle is ook saam in ‘n klas en is goeie vriende,” sê Strydom.


Met een op die kitaar, een op die klavier en 'n ander agter die mikrofoon, het hulle Johnny Cash se Folsom Prison Blues absoluut verpletter.


OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.