On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

NK vrou agt jaar tronkstraf opgelê

───   15:13 Tue, 18 Jan 2022

NK vrou agt jaar tronkstraf opgelê | News Article

Die 21-jarige Shirley Hofuza, wat van poging tot moord aangekla is, is in die Kimberley-landdroshof gevonnis.

Hofuza het die manlike slagoffer op 23 Desember 2020, kort nadat hy op borgtog vrygelaat is, buite die hof geskiet.

Sy het haarself dieselfde dag aan die polisie oorgegee.

Sy is tot agt jaar tronkstraf gevonnis vir poging tot moord, en vyf jaar vir die onwettige besit van ‘n vuurwapen, asook een jaar vir die onwettige besit van ammunisie.

Die vonnisse sal gelyktydig uitgedien word.

Polisiewoordvoerder Sergio Kock sê veiligheid by howe is opgeskerp om soortgelyke voorvalle te vermy.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.