On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Donderstorms en swaar reën in Sentraal SA

───   06:39 Wed, 19 Jan 2022

Donderstorms en swaar reën in Sentraal SA | News Article

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku oor donderstorms met gepaardgaande swaar reën vandag in dele van Sentraal Suid-Afrika.

Die weerdiens se Wayne Venter sê onweer word vir onder meer dele van die sentrale en oostelike dele van die Vrystaat en Noordwes voorspel. 

Venter sê aanvanklike bewolkte weer wat tot baie warm en uitermatig warm toestande in die noorde van die Noord-Kaap kan lei, word verwag. In die Vrystaat word dit gedeeltelik bewolk en warm met verspreide donderbuie. Venter sê namate die naweek aanbreek, gaan ekstreme warm weer ervaar word. 

Hy se reën met son word vir die grootste gedeeltes van die Noord-Kaap verwag, asook reën in Bethlehem in die Vrystaat en in Mahikeng in Noordwes.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.