Central SA
Green & You - Wateroplossings vir elke huis en sakeonderneming─── 13:07 Fri, 28 Jan 2022
Sponsored13:07 Fri, 28 Jan 2022
Met Green & You is jou toekoms groen!
Engel & Völkers Potchefstroom het ná meer as 60 suksesvolle projekte besef dat die eiendomsontwikkeling van die toekoms meer energie- en watereffektief moet wees. Green & You het hieruit ontstaan ná jare se navorsing om die beste energie- en wateroplossings vir hulle kliënte te vind. Deesdae is daar twee hoofredes hiervoor: kostebesparings ten opsigte van waterverbruik en waterverhitting en dan ‘n ondersteuningselement vir krag en water.

Daar is so baie opsies, produkte en raad… so waar begin jy wanneer jy wateroplossings vir jou huis soek? Dit is waarom Green & You vir tien jaar navorsing gedoen het en betroubare verskaffers en kwaliteit produkte met goeie waarborge opgespoor het (want die laaste ding waarmee jy wil sukkel, is ‘n lae kwaliteit produk wat vinnig onklaar raak).
Green & You haal die raaiwerk uit die proses. Green & You adviseurs doen ‘n gratis water oudit van jou huis, boerdery of besigheid om uit te vind presies wat jou waterbehoeftes is en watter tipe en grootte sisteem jy werklik nodig het; en natuurlik naverkope-diens – Green & You hou kontak met hulle kliënte en is net ‘n oproep weg.
Wat water aanbetref – een van die gonswoorde op die oomblik is energie ondersteuning, maar die realiteit is dat jy langer sonder elektrisiteit kan oorleef as sonder water. Dus is water ‘n relevante en belangrike onderwerp.
Water is lewe… en broodnodig vir ‘n suksesvolle besigheid en huishouding
Green & You het ‘n groot waterafdeling wat oplossings vir kalk insluit (iets wat in Potchefstroom relevant is – dit is ook baie belangrik want kalk rig skade aan jou toestelle, soos wasmasjiene, aan), watersuiweringsopsies vir huise asook groot besighede, waterverhittingsopsies en ook water ondersteuningstelsels wat reënwatertenks insluit. Green & You bied ook gryswaterstelsels vir kliënte wat regtig daarin belangstel om water te bespaar.
Besighede, boerderye en huishoudings moet goed beplan vir die korrekte stelsel. Green & You adviseurs doen ‘n water-oudit om te bepaal wat die werklike waterbehoeftes asook langtermyn doelwitte van die kliënt is ten opsigte van waterkwaliteit en ‘n waterondersteuningstelsel. Hierdie is ‘n gratis diens wat Green & You bied. Hulle doen ook watertoetse waar die Noordwes Universiteit se kundigheid gebruik word om die ontleding te doen.
Kenners word gebruik om die inligting te ontleed en die beste sisteme voor te stel. Green & You se verskaffer van wateroplossings is Aquamat – ‘n maatskappy wat reeds vir 54 jaar lank leiers in die mark is en uitstekende wateroplossings in Suid-Afrika bied. Die kenners by Aquamat, tesame met die Green & You adviseurs, ontwerp dan ‘n wateroplossing wat uniek is tot jou waterbehoeftes. Wanneer jy byvoorbeeld ‘n nuwe huis ontwerp of bou, sal die Green & You span van die begin af betrokke wees by die beplanning om te verseker dat jou watersisteem reg geïnstalleer word.
Waterverhitting en die besparing van energiekostes met waterverhitting is ook belangrik aangesien ‘n geyser die grootste verbruiker van krag is. Green & You het ook goeie oplossings vir kliënte met besighede, soos ‘n haarsalon, om drasties hulle waterverhittingskostes te verminder.
Die oplossings
Meeste kliënte wil begin by die basiese – om hulle water drinkbaar te maak – en tweedens om hulle toestelle te beskerm teen die newe-effekte van hoë kalkvlakke in die water. Aquamat het intensiewe navorsing gedoen oor die beste waterfiltreersisteme internasionaal om betroubare produkte te kry met uitstaande kwaliteit. Hierdie produkte word deur Green & You verskaf.
Green & You sien baie kliënte wat geraak wprd deur wateronderbrekings (wat vanaf ‘n paar uur tot ‘n paar dae kan duur) en daarom is daar baie kliënte wat besluit op waterondersteuningstelsels. Die ongerief as jy nie kan stort voor werk nie, nie ‘n toilet kan spoel of skottelgoed kan was nie – DIT word opgelos met ‘n waterondersteuningstelsel.

Nog iets waarvoor daar ‘n groot aanvraag is, is die toets van boorgatwater en die suiwering daarvan. Baie Suid-Afrikaners het ‘n boorgat in hulle erf. Die probleem is egter dat die water nie noodwendig (of eintlik selde) drinkbaar is. Die rede hiervoor is dat omliggende besighede, boerderye en nywerhede onwetend die ondergrondse water besoedel. Dus is waterontleding baie belangrik.

Besproeiïngsboere het ook verskeie unieke uitdagings ten opsigte van waterverbruik - Aquamat het ‘n unieke produk wat Green & You gratis installeer by besproeiïngsboere om die opbrengs van jou gewasse te optimaliseer. Die installasie is gratis, en eers wanneer ‘n boer die verbetering in die opbrengs van sy gewasse sien, dan betaal hy vir die produk.

Nog ‘n deel van die oplossing wat Green & You bied, is met finansies. Green & You help Engel & Völkers kliënte om hul nuwe watersisteme saam met die koop van hulle huis te finansier – iets wat help in die beplanning (en begroting) van ‘n nuwe huis.
Die Green & You winkel en vertoonlokaal is by Engel & Völkers se kantore in Retiefstraat, Potchefstroom. Gaan maak ‘n draai en die Green & You adviseurs sal jou bystaan met al jou water- en energiebehoeftes.
Volg Green & You op Facebook en Instagram om op hoogte te bly.
At Lunch se Cyril Viljoen het met Helandi Moolman, Engel & Völkers se bemarkingsbestuurder, gesels om meer uit te vind oor hoe Green & You jou kan help. Luister hier:
