Central SA
Vyf vas weens gesteelde selfoontoringbatterye─── 09:34 Sun, 30 Jan 2022
Die Noord-Kaapse polisie het vyf mans by Van Zylsrus in hegtenis geneem.
Dit, nadat 'n verskeidenheid van vermoedelik gesteelde goedere in hul voertuig gevind is.
Polisiewoordvoerder, Mosimaneotsile Letsapa, sê selfoontoringbatterye, 24 selfone, 'n kragopwekker en 20 liter diesel is in hul besit gevind.
Toerusting wat gebruik word vir huisbrake is gevind.
Letsapa sê die vyf verdagtes is met die hulp van boere in die omgewing in hegtenis geneem.
Hy voeg by die verdagtes sal binnekort in die Kuruman-landdroshof verskyn.
Brigadier Johnny Besnaar het die samewerking tussen die gemeenskap en polisie verwelkom.
OFM-nuus/Roderick Titus
