On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Central SA

Syfers oor plaasmisdaad bekend

───   TSHEHLA KOTELI 06:53 Thu, 03 Feb 2022

Syfers oor plaasmisdaad bekend | News Article

Boere in Suid-Afrika het in die eerste maand van die nuwe jaar onder 'n skerp toename in misdaad op plase gebuk gegaan.

Dit is volgens skokkende statistieke wat deur die Rome Research Institute of South Africa bekend gemaak is. Hiervolgens het altesaam veertien plaasaanvalle in die land in Januarie 2022 plaasgevind.

Die meeste aanvalle is in die Vrystaat aangeteken.

Volgens die instituut se misdaadstatistieke oor plaasaanvalle, het altesaam vier aanvalle op plase in die Vrystaat plaasgevind. Die voorvalle sluit 'n aanval in Koffiefontein in waartydens 'n moord plaasgevind het.

Een in Warden is betyds afgeweer en twee aanvalle is in Harrismith aangemeld. In die laasgenoemde voorval is toerusting en onder meer 'n kragopwekker gebuit.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.