Central SA
Hersiene invorderingsbeleid vir NK-munisipaliteit goedgekeur─── 14:43 Thu, 03 Feb 2022
Die raad van die Dawid Kruiper-munisipaliteit het ’n hersiene invorderingsbeleid goedgekeur wat afbetalingsooreenkomste aan alle inwoners en sakeondernemings bied.
Die munisipaliteit se woordvoerder, Patrick Williams, sê ingevolge die beleid moedig die raad alle inwoners en besighede wat agterstallige rekeninge het, aan om reëlings vir terugbetaling te tref.
Williams sê skriftelike ooreenkomste moet by die munisipaliteit se hoofkantoor in die sentrale besigheidsdistrik aangegaan word.
Hy sê enige versuim om agterstallige rekeninge te betaal of reëlings te tref, kan daartoe lei dat die raad inwoners en sakeondernemings by hul regsverteenwoordigers aanmeld in ’n poging om agterstallige skuldeise in te dien.
Volgens Williams moedig die munisipaliteit se inwoners verder aan om nie rekeninge agterstallig te laat raak nie.
OFM News/Roderick Titus
