Central SA
Inwoners van Kathu betoog─── 14:46 Thu, 03 Feb 2022
Meer as 200 gemeenskapslede betoog in Kathu.
Die openbare orde polisie is sedert 02:00 ontplooi nadat betogers verskeie paaie in en rondom die dorp begin versper het.
Woordvoerder Sergio Kock sê geen beserings is sover aangemeld nie, en daar is ook geen eiendom beskadig nie.
Kock versoek motoriste om alternatiewe roetes te gebruik.
Dit blyk dat die betogers ongelukkig is oor swak dienslewering in die gebied.
Die polisie monitor die situasie.
OFM-nuus/Roderick Titus
