On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Kimberley-polisie vra hulp nadat verdagte ontsnap

───   14:17 Mon, 07 Feb 2022

Kimberley-polisie vra hulp nadat verdagte ontsnap          | News Article
FOTO: VERSKAF

Die polisie in Kimberley in die Noord-Kaap vra die gemeenskap se hulp met die opsporing van 'n verdagte wat uit aanhouding ontsnap het by die Madigong-polisiestasie in Noordwes.

Sersant Timothy Sam sê Thongane Mangqalase word daarvan aangekla dat hy by 'n gewapende roof betrokke was. 

Sam sê verder Mangqalase, 'n inwoner van Windsorton, loop mank. 

Inwoners word versoek om nie die verdagte te konfronteer indien hulle hom opmerk nie, maar eerder die polisie in kennis te stel. 

Die omstandighede rondom sy ontsnapping word intussen ondersoek.


OFM-nuus/Roderick Titus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.