On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Dienslewering in NK 'stort in duie'

───   12:06 Fri, 11 Feb 2022

Dienslewering in NK 'stort in duie' | News Article
PHOTO: KaiGarib.gov.za

Inwoners van Kakamas – wat deel vorm van die Kai Garip Munisipaliteit - sê hulle is raadop oor die gebrek aan behoorlike dienslewering, die ineenstorting van die dorp se infrastruktuur, en uiters swak paaie.

Andrè Bruwer van die Kakamas-waterverbruikersvereniging, sê dat die dorp se waterreservoirs in 'n haglike toestand is. Hy is van mening dat geen instandhouding gedoen word nie en volgens verskeie inwoners het swak bestuur daartoe gelei dat die dienslewering in die gebied in duie gestort het. 'n Waterpomp wat die munisipaliteit tydens die onlangse vloede verloor het, het 'n negatiewe invloed op verskeie skole en koshuise wat kinders oor die hele Boesmanland akkommodeer. Kakamas is ook een van die land se groot produsente van uitvoerdruiwe, rosyne en ander gewasse.      

Die munisipale bestuurder, Johny McKay, beken dat verskeie diensleweringsuitdagings ervaar word. Hy sê dat die maatskappy KWGV hulp verleen, deur met 'n hyskraan die waterpomp vanuit die rivier by Marchand gaan lig sodat tydelike water aan inwoners voorsien kan word.

Volgens McKay kan die swak toestande van paaie toegeskryf word aan die onlangse swaar reën. Klip en teer is bestel en die slaggate moet eers herstel word voordat paaie se boonste seëllaag aangebring kan word. Hy noem dat die munisipaliteit nie finansieël in staat is om opknappings te doen nie en dat die munisipaliteit die Departement van Paaie en Openbare Werke se hulp sal inroep.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.