On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

Dubbele tragedie tref Noord-Kaapse familie

───   08:44 Mon, 14 Feb 2022

Dubbele tragedie tref Noord-Kaapse familie | News Article

'n Dubbele tragedie het 'n Noord-Kaapse familie getref, toe twee kinders verdrink het.


Die neef en niggie, Robbi-Lee (12) Louw en Henry Louw (12)het luidens Robbi-Lee se peetma in 'n sloot vol reenwater, langs die begraafplaas op Pofadder, verdrink. 

Peetma Lizelle Matthys sê Robbi-Lee het vermoedelik gegly en in die sloot geval. Haar neef, Henry, wou haar red maar het ook in die water verdwyn. 

Polisiewoordvoerder, Sergio Kock, het bevestig polisieduikers het die twee kinders se liggame uit die water gehaal, en sê hul verdrinking word geregtelik ondersoek.

OFM-nuus/Isaac Cloete

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.