On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Bloemskou terug ná twee jaar

───   10:10 Tue, 15 Feb 2022

Bloemskou terug ná twee jaar | News Article
PHOTO: Bloemskou.co.za

Ná twee jaar is die Bloemskou uiteindelik terug en daar word met groot opgewondenheid na vanjaar se skou uitgesien.

Bloemfontein Courant se Sazly Hartzenberg berig die skou sal van 27 April tot 7 Mei plaasvind.

Volgens die Hoof Uitvoerende Beampte, Elmarie Prinsloo, kan hulle reeds bevestig dat die vermaakprogram propvol is met optredes deur bekende kunstenaars soos Elvis Blue, Karen Zoid, Snotkop, Spoegwolf, Early B, asook Lollos vir die kinders. Daar sal ook adrenalien-belaaide optredes wees soos FMX motorfiets-waagvertonings, BMX en skaatsplankdemonstrasies, 'n liggaamsboukompetisie, ovaalbaan-wedrenne en die eerste Polo-vertoning.

Sy vertel verder dat die landbouprogram ook opwindend is met ‘n ongelooflike 22 kampioenskappe van perde, skape en beeste; hiervan is 13 nasionale kampioenskappe. Die nasionale kampioenskap van die Jack Russell honderas sal ook aangebied word.

Besprekings van uitstalruimtes is oop en reeds 50% vol met navrae wat instroom. “Ten spyte van die stygende kostes en uitgawes, bring ons Bloemskou 2022 aan uitstallers en besoekers teen 2020 pryse”.

Skakel die Bloemskoukantore by 051 448 9894 of besoek die webwerf by www.bloemskou.co.za. vir meer inligting.


Bloemfontein Courant/Sazly Hartzenberg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.