On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Central SA

OB spreek Magashule vry rakende webwerf

───   OLEBOGENG MOTSE 06:20 Thu, 17 Feb 2022

OB spreek Magashule vry rakende webwerf | News Article
File image

Die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, het die voormalige Vrystaatse Premier, Ace Magashule, en sy regering vrygespreek van enige onreëlmatigheid rakende die skep van 'n omstrede, geïntegreerde webwerf vir die provinsie wat terugdateer na 2013.

Mkhwebane sê in haar 2020-verslag daar is geen tasbare bewyse dat die diensverskaffer – Cherry Ikamva Juggernaut JV – wat gedeeltelik deur die Vrystaatse mediaman, Tumi Ntsele, besit word, die projek van meer as R84,5 miljoen onreëlmatig toegeken is. 

Aanvanklike mediaberigte het beweer Magashule het sy invloed gebruik om die projek aan sy vriend, Ntsele, toe te ken. Mkhwebane sê nie net daar is geen bewyse hiervan nie, maar sy sê verder dat sy nie in hierdie stadium kan vasstel of die byna R100 miljoen webwerf, wel waarde vir geld was nie.

Volgens Mkhwebane is geen waarde-vir-geld-oudit op die projek en die webwerf uitgevoer nie. Die projek is gestaak toe die fondse uitgeput was. As gevolg hiervan en voorleggings wat destyds deur die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR) en die Vrystaatse Provinsiale Regering gemaak is, kon die Openbare Beskermer nie vasstel of waarde vir geld uit hierdie projek verkry is nie. 

Daarom is een van haar aanbevelings dat die provinsiale regering 'n waarde-vir-geld-oudit moet doen binne 30 dae nadat die verslag vrygestel is. Dit is in hierdie stadium onbekend of hierdie oudit sedertdien uitgevoer is. 

Die enigste “afwykings” wat Mkhwebane identifiseer, hou verband met die optrede van die voorsieningbestuursbeamptes en lede van die bodkomitees in die provinsiale regering. Sy het aanbeveel dat genoemde amptenare opleiding oor verkrygingsbeleidstellings moet ondergaan.
 
Die Sowetan was die eerste wat oor die beweerde onreëlmatigheid berig het en het beweer dat dit R140 miljoen gekos het, wat tot openbare oproer gelei het.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.