On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

#NuusPasIn: Passasiersbus brand uit op N1

───   CATHY DLODLO 08:19 Thu, 17 Feb 2022

#NuusPasIn: Passasiersbus brand uit op N1  | News Article

Insittendes van ‘n passasiersbus het Donderdag in die vroeë oggendure ‘n noue ontkoming gehad toe die bus waarin hulle gereis het, aan die brand geslaan en uitgebrand het.

Die ongeluk het op die besige N1 naby Winburg, in die rigting van Ventersburg, gebeur. Polisiewoordvoerder, Steven Thakeng, sê niemand is in die voorval beseer nie en owerhede is nog op die toneel.

Thakeng sê danksy die vinnige optrede van onder meer die brandweer en die polisie is die 50 passasiers ongedeerd uit die bus gehelp. Niemand het enige beserings opgedoen nie. ‘n Baan van die N1 is tydelik gesluit. Die oorsaak van die brand en verdere besonderhede is nog nie bekend nie. Owerhede is steeds op die toneel.

Hierdie is 'n ontwikkelende storie. Volg OFM-nuus vir verdere inligting.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.