On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Skenking aan behoeftige Phillipstown-inwoners gedoen

───   15:38 Fri, 18 Feb 2022

Skenking aan behoeftige Phillipstown-inwoners gedoen                 | News Article
Foto: Verskaf

Die Chinese gemeenskap in die Noord-Kaap het kragte saamgespan met die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum, en kospakkies en komberse aan 100 behoeftige Philipstown-inwoners verskaf.

'n Deel van die begunstigdes sluit in inwoners wat met gestremdhede leef, sowel as bejaardes, insluitend 'n 86-jarige ouma.

Die Chinese gemeenskap se Yun Lu sê die gebaar is ten gunste van samewerking tussen die gemeenskap en die Suid-Afrikaanse Polisiediens, en om die impak van Covid-19 in die plattelandse dorp aan te spreek.

Ephraim Homan, die provinsiale gemeenskapspolisiëringsforum se voorsitter, het die gebaar verwelkom.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.