Central SA
NRO verwelkom poskantoor, Nal'ibali se poging om lees onder leerders te bevorder─── 08:16 Mon, 21 Feb 2022
Die Suid-Afrikaanse Poskantoor se aankondiging dat leerlinge in die land leesmateriaal in hulle moedertaal by poskantore kan kry, is deur die Dare to Care nie-winsgewende organisasie in Keimoes in die Noord-Kaap verwelkom.
Die poskantoor sê met Internasionale Moedertaaldag wat op 21 Februarie gevier word, is die nie-regeringsorganisasie Nal'ibali trots daarop dat skole en leesklubs, sowel as biblioteke, die koerant kan kry in al nege van die land se tale, waarvan 'n 10de taal in Maart bygevoeg gaan word.
Die direkteur van Nal'ibali, Katie Huston, sê ná 2021 se 46 poskantore waar die leesmateriaal beskikbaar was, kan hulle vanjaar 508 poskantore dek. Nagenoeg 2 279 leesklubs en 216 000 individuele lesers is reeds landwyd bereik.
Esmerelda McKay, stigter van Dare to Care, sê sy is opgewonde oor hierdie inisiatief. Sy sê die stap deur Nal'ibali en die poskantoor is 'n goeie poging om die leesgebrek by leerders aan te spreek, en om die kultuur lewend te hou.
OFM-nuus/Roderick Titus
