On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

Toerismebedryf in NW moet veiligheid opskerp - VF+

───   15:23 Mon, 21 Feb 2022

Toerismebedryf in NW moet veiligheid opskerp - VF+ | News Article

Die moord op Johannes Brits by die Buffelspoort vakansie-oord naby Rustenburg, beklemtoon opnuut die vlak van wetteloosheid waarmee landelike inwoners van Noordwes te kampe het.

Dit is tragies dat 'n gesin en familie in die veiligheid van 'n bekende vakansie-oord hierdie geweld en trauma moes ervaar tydens 'n familie-vakansie.

Dit sou jammer wees indien die toerismebedryf nou ook geteiken word deur misdadigers wat die provinsie se landbousektor in die provinsie teister.

Dit moet in die kiem gesmoor word deur onder meer verskerpte veiligheidsmaatreëls.

Toerisme is een van die grootste werkskeppers in Noordwes en vorm deel van die ruggraat van die provinsie se ekonomie. Die bedryf moet beskerm word.

Indien natuurliefhebbers en ander besoekers die provinsie weens veiligheidsoorwegings begin vermy, kan dit 'n ekonomiese ramp vir die provinsie veroorsaak waarvan daar moeilik herstel sal word.

Die voorkoming van hierdie tipe misdade behoort prioriteit te geniet en met intelligensie-gedrewe optrede doeltreffend bekamp word.

Die VF Plus sal voortgaan om gemeenskappe by te staan in die bekamping van misdaad en die ondersteuning van plaaslike veiligheidstrukture.


Verklaring verskaf.

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.