On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Verdagte inheemse bol- en vetplantstropers in hof

───   11:00 Sat, 05 Mar 2022

Verdagte inheemse bol- en vetplantstropers in hof | News Article

Vier verdagtes het in die Vredendal-landdroshof in die Wes-Kaap verskyn nadat hulle in besit van inheemse bol- en vetplante gevind is.

Die vier is op die N7-pad naby Nuwerus in hegtenis geneem.

Die inhegtenisname is deel van 'n aantal inhegtenisnames die afgelope maand nadat stropers toegesak het op inheemse plante, hoofsaaklik vanuit die Noord-Kaapse Namakwa-streek by Springbok. 

'n 39-jarige man is ook Dinsdag in Klawer in hegtenis geneem nadat hy in besit van meer as 4 500 plante, wat in 'n sleepwa versteek is, gevind is. Daarmee saam is vier buitelanders, wat in Milnerton met 25 000 inheemse bol- en vetplante betrap is, in hegtenis geneem.

Die woordvoerder vir die Noord-Kaapse Departement van Landbou, Zandisile Luphahla, het intussen sy stem gevoeg by dié van Petro van Rhyn van Cape Nature, en aangevoer dat die stroping van die inheemse bol- en vetplante gestaak behoort te word. 

Hy sê verskeie agentskappe en organisasies werk nou saam om die stropery te bekamp en om die verdagtes te vervolg.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.