On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Central SA

Mkhwebane se bevindings rakende Noord-Kaapse LUR ter syde gestel

───   14:50 Fri, 11 Mar 2022

Mkhwebane se bevindings rakende Noord-Kaapse LUR ter syde gestel | News Article
Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane. FOTO: OFM-nuus

Die Noord-Kaapse Hooggeregshof in Kimberley het die bevindings van die Openbare Beskermer, Advokaat Busisiwe Mkhwebane, rakende die Noord-Kaapse LUR vir Gesondheid, Maruping Lekwene, ter syde gestel.

Lekwene is die voormalige LUR vir Finansies en Toerisme. Mkhwebane het bevind dat Lekwene tydens sy termyn as LUR vir Finansies, vir Vincent Mothibi onregmatig aangestel het as Uitvoerende Hoof van die provinsie se Dobbelraad. 

Regter Mpho Mamosebo het Mkhwebane skerp gekritiseer tydens die uitspraak, en haar daarvan beskuldig dat sy onbehoorlik opgetree het toe sy bevind het dat Lekwene onregmatig opgetree het tydens die aanstelling. 

Lees meer: FS municipality guilty of maladministration - PP

Mkhwebane het ook aanbeveel dat Premier Zamani Saul teen Lekwene moet optree. 

Die ondersoek het gevolg nadat Mkhwebane 'n anonieme klagte ontvang het in Augustus 2020, dat Mothibi onregmatig aangestel is. 

Volgens die klaer het Mothibi nie gekwalifiseer vir die pos nie, en is die korrekte prosudure nie gevolg nie. 

Die regter het ook bevind dat die Openbare Beskermer haar magte oorskry het.

OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.