On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

Port Nolloth-gesondheidsentrum ontoeganklik weens watertekort

───   14:03 Wed, 23 Mar 2022

Port Nolloth-gesondheidsentrum ontoeganklik weens watertekort | News Article
PHOTO: eNCA

Die nuwe hospitaal of gesondheidsentrum in Port Nolloth in die Noord-Kaap is weens ‘n waterprobleem steeds nie toeganklik vir die publiek nie.

Dit is volgens Gavin Julie, streek-tesourier van die werkersunie, Nehawu. Volgens hom is die gesondheidsgeriewe reeds sedert Vrydag sonder water.

Hy voeg by skoonmakers werk nie oor naweke nie – gevolglik is daar nie skoongemaak nie en beddegoed van pasiënte is ook nie gewas nie.

Volgens Julie is dit die eerste keer dat so iets daar gebeur omdat die watervlakke van die opgaardam te laag is. Die dam moet eers aangevul word sodat water na die hospitaal se stelsel gepomp kan word.

Julie sê dit blyk ook asof daar nie ’n Plan B is om sulke krisisse die hoof te bied nie. 

Denise Langeveldt neem waar as hospitaalbestuurder. Volgens haar is dit nie 'n hospitaal nie, maar 'n gemeenskapgesondheidsentrum wat net sewe pasiënte op ‘n slag kan opneem.

"Ons is nie heeltemal gesluit nie, maar ons kan nie nuwe pasiënte opneem nie. Ons hanteer nou slegs noodgevalle. As hulle te siek is, stuur ons hulle na Springbok.”

Langeveldt kon nie aandui hoe lank die waterprobleem nog sal voortduur nie, aangesien dit ‘n munisipale probleem is.

Dit het intussen aan die lig gekom dat Port Nolloth die afgelope tyd ‘n waterkrisis beleef. 

Volgens inwoners het hulle slegs toegang tot water tot 09:00, en dan was dit net vir ‘n paar uur. 

OFM-nuus/Isaac Cloete

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.