On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Central SA

Waterkrisis in verskeie Vrystaatse dorpe blootgelê

───   CATHY DLODLO 08:38 Mon, 28 Mar 2022

Waterkrisis in verskeie Vrystaatse dorpe blootgelê | News Article

Parlementslede gaan na verwagting Maandagoggend insae kry in die waterkrisis wat in die Mangaung Metro en verskeie dorpe in die provinsie heers.

Bloemfontein en omgewing se waterkrisis – wat selfs die lewe van ‘n Bloemwater-werknemer geeïs het – het inwoners vir meer as nege dae sonder water gelaat. Al die rolspelers – Vrystaatse Premier Sisi Ntombela, die LUR vir Samewerkende Regering, Mxolisi Dukwana, die waterrade en munisipaliteite gaan tydens die sitting voorleggings doen. Cathy Dlodlo berig dat dié sitting deel vorm van die Nasionale Raad van Provinsies (NRVP) se provinsiale week.

Eerste op die lys is LUR Dukwana, wat na verwagting ‘n geheelbeeld van die stand van munisipaliteite in die provinsie skets. Daarna gaan die toekoms van die Bloemwater- en Sedibeng-waterrade na verwagting – tydens hulle voorleggings - bespreek word. 

OFM-nuus het vroeër berig dat daar gekyk word na die moontlikheid daarvan om ‘n gedeelte van Sedibeng Water by Bloemwater in te lyf as gevolg van dié waterraad se finansiële nood. Die Mangaung-metromunisipaliteit, Kopanong-munisipaliteit en Masilonyana-munisipaliteit se afvaardigings gaan ook reg moet staan om indringende vrae te beantwoord.

OFM-nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.