Central SA
Vrae ingedien oor miljoene aan munisipaliteit se maatskappy─── CATHY DLODLO 08:57 Mon, 28 Mar 2022
Die DA in die Vrystaat het vrae ingedien oor miljoene rande wat oor verskeie boekjare aan ‘n maatskappy oorbetaal is.
OFM-nuus het vroeër berig dat daar onsekerheid bestaan oor of die Lejweleputswa-ontwikkelingsagentskap ‘n openbare of private maatskappy is. Dié agentskap het egter sedert 2005 geleidelik meer en meer geld van die Lejweleputswa-distriksmunisipaliteit gekry.
Volgens antwoorde op vrae, het die agentskap tot meer as R14 miljoen in die 2019/20 boekjaar ontvang. Die agentskap se jaarverslag vir dieselfde boekjaar sê die maatskappy is as ‘n private maatskappy geregistreer.
Vrystaatse leier van die DA, Roy Jankielsohn, sê sy party het vrae oor die moontlike onreëlmatige oorbetalings ingedien.
