On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Pelonomi se probleme groter as gebrek aan spesialiste

───   17:16 Fri, 08 Apr 2022

Pelonomi se probleme groter as gebrek aan spesialiste | News Article
FOTO: OFM-nuus

Die probleme wat gelei het tot die agterstand in ortpediese operasies by die Pelonomi-hospitaal, is veel groter as die tekort aan spesialiste wat deur die Vrystaatse Gesondheidsdepartement voorgehou word.

’n Dokter – wat anoniem met OFM-nuus en Bloemfontein Courant – gepraat het, sê daar is ‘n kritiese tekort aan verpleegsters by die grootste trauma-hospitaal in die provinsie. Die tekort is nog erger na-ure en oor naweke. As gevolg van die tekort aan verpleegsters – kan net een teater vir alle trauma-gevalle gebruik word.

Daar is ook ‘n tekort aan mediese toebehore soos spuitnaalde en beskermingsklere, sowel as ’n agterstand in onderhoud van toerusting en ‘n tekort aan linne. Die personeeltekort raak ook nie net verpleegsters nie, maar ook veiligheidswagte en skoonmakers. dokters en verpleegsters moet glo gereeld inspring om die teater reg te kry vir die volgende operasie.

LEES MEER: Pelonomi staff members issue management with ultimatum

Mediese werkers, wat sowat twee maande gelede gestaak het, het ook die toestand van die kraam- en genokologiese saal in hulle memorandum van eise gelys. Dié saal is al vir sowat tien jaar in ‘n bouperseel met tydelike strukture omskep. Die konstruksie is egter jare gelede tot stilstand geruk, maar tydelike afskortings en half-geboude strukture maak die gebou ‘n veiligheid- en gesondheidsrisiko.

Díe onthullings kom ná die provinsiale gesondheidswoordvoerder, Mondli Mvambi, se noodkreet vir  mediese skole om meer spesialiste te lewer. Hy het gesê dié tekort is die rede vir die agterstand in ortopediese operasies. OFM-nuus het vroeër berig dat die agterstand sowat 30 pasiënte insluit. Die dokter sê egter daar is veel meer pasiënte op die waglys, en die dringendheid van sommiges se operasies is krities.

LEES MEER - #BreakingNews: Pelonomi CEO moved aside - VIDEO

Die dokter sê Bopela-huis – die provinsiale Gesondheidsdepartement se hoofkwartier - is bewus van die impak wat vakante poste op dienslewering by dié hopsitaal het, maar dit vat drie tot vier maande om ‘n pos te adverteer en onderhoude te voer. Hulle sê ten spyte hiervan lê aanstellingsbriewe en stof gaar terwyl daar gewag word vir die finale goedkeuring van die rekenpligtige beamptes.

Die lys van probleme by die hospitaal is al in die verlede aan die media beskikbaar gestel, maar min het verander. Dokters sê hulle gaan gebuk onder die volgende probleme:

•    Tekort aan verpleegpersoneel

•    Tekort aan sekureit by die hospitaal

•    Tekort aan mediese toebehore

•    Hysbakke wat gedurig nie in ‘n werkende toestand is nie

•    Lugversorgers wat nie gereeld gediens word nie en dan nie werk nie

•    Tekort aan linne want dit word dikwels na ander hospitale se wasserye gestuur

•    Tekort aan skoonmakers veral na-ure en oor naweke

•    Tekort aan narkotiseurs

•    Agterstand in die onderhoud van mediese toerusting.

OFM-nuus se Cathy Dlodlo and Bloemfontein Courant se Justine Fortuin

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.