Central SA
Polisie lê beslag op vervalste alkohol in Vrystaat─── CATHY DLODLO 15:31 Mon, 11 Apr 2022
Inwoners van Bultfontein in die Vrystaat, wat hulle gebruiklike sopie by drie drankwinkels op die dorp gekoop het en gewonder het hoekom dit nie die nodige skop gehad het nie, kan nou ophou wonder daaroor.
Polisiewoordvoerder, Stephen Thakeng, sê hulle het tydens ‘n operasie gevind dat die drankwinkels vervalste, nagemaakte alkohol, of "fop dop", verkoop het.
Beslag is op duisende rande se vervalste alkohol gelê en polisiebeamptes het – saam met amptenare van die Vrystaatse Departement van Kleinsake-ontwikkeling, Toerisme en Omgewingsake die produkte vernietig.
