Central SA
Vermeende verkragter ontsnap uit Upington tronk─── 08:20 Thu, 14 Apr 2022
Die polisie in Upington waarsku inwoners om op die uitkyk te wees vir ‘n verdagte in 'n saak van verkragting en huisbraak, wat uit polisie-aanhouding ontsnap het.
‘n Soektog is begin in die Middelpos-woonbuurt van dié Noord-Kaapse stad.
Volgens polisiewoordvoerder, Sergio Kock, het die 32-jarige verdagte, Floors Matthys, Woensdag in die Upington-landdroshof verskyn en was hy in aanhouding tydens die ontsnapping.
Kock, wat nie wou uitbrei oor die presiese omstandighede waaronder die verdagte ontsnap het nie, sê die soektog na die verdagte is in volle gang, terwyl die publiek gevra is om nie die verdagte te nader as hulle hom sien nie omdat hy as gevaarlik beskou word.
