Central SA
Werk of studeer in 2023?─── 12:16 Thu, 14 Apr 2022
Sponsored12:16 Thu, 14 Apr 2022
Wonder jy of jy in 2023 moet werk of studeer? Akademia bied aan jou die geleentheid om te studeer, terwyl jy werk! Die instelling hou op 23 April 'n inligtingsessie oor nauurse studies.
OFM se Cyril Viljoen gesels op At Lunch met Pieter Jordaan, studentewerwer by Akademia, hieroor.
Registreer hier om jou plek vir Akademia se inligtingsessie oor nauurse studies te bespreek.
Studeer nauurs terwyl jy jou drome najaag
Akademia se nauurse onderrigmodel is ideaal vir studente wat werk, of ander belangstellings nastreef. Kom vind meer uit oor jou studiemoontlikhede vir 2023.
Die inligtingsessie word aanlyn of by 'n landswye netwerk van studiesentrums aangebied en sal fokus op nauurse studies vir 2023 waarvoor aansoeke op 4 April 2022 open.
Studiesentrums oor ’n landswye netwerk
Akademia se nauurse onderrigleermodel bied ondersteuningstrukture rondom studente om die suksesvolle voltooiing van studies te bevorder. Een van die belangrikste ondersteuningskomponente is dat studente nauurse klasse by een van die interaktiewe studiesentrums oor 'n landswye netwerk kan bywoon.
Studente moet met registrasie aandui by watter sentrum hulle sal inskakel. Studiesentrums word spesifiek in Afrikaanse gemeenskappe geopen om toeganklikheid tot universiteitsvlakopleiding so maklik as moontlik te maak. Elkeen van hierdie sentrums is met moderne videokonferensietegnologie toegerus, en gratis internettoegang is by alle sentrums beskikbaar om studente toegang tot Die Spens, Akademia se unieke aanlyn ondersteuningstelsel en biblioteek, te gee.
Akademia is 'n hoëronderwysinstelling uit die Afrikaanse gemeenskap vir die Afrikaanse gemeenskap. Akademia streef daarna om beide hoogstaande opleiding sowel as diepgaande opvoeding te bied.
Akademia bied ’n verskeidenheid hoëronderwyskwalifikasies aan om jou loopbaan te verseker.