On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Was Vrystaatse prys vir tenderdokumente te hoog?

───   CATHY DLODLO 08:47 Wed, 20 Apr 2022

Was Vrystaatse prys vir tenderdokumente te hoog? | News Article
PHOTO: SABC News

Die finale besluit van Nasionale Tesourie oor die prys waarteen ‘n Vrystaatse openbare onderneming sy tenderdokumente verkoop het, is nog uitstaande.

OFM-nuus het ‘n medianavraag oor die verkoop van tenderdokumente deur die Lejweleputswa Ontwikkelingsagentskap – ‘n onderneming van die distriksmunisipaliteit – aan Tesourie gerig. In antwoord  hierop het dié nasionale waghond aangedui dat die prys van R10 000, wat in dié geval gehef is, onder oorweging is. 

In ‘n brief aan Tesourie, sê dié openbare onderneming dat die prys bedoel is om die onkoste – wat onder meer die druk van die dokumente insluit – te dek.

Tesourie sê die voorgeskrewe reëls, soos vervat in die Nasionale Gids vir Voorsieningsbestuur, laat wel die verkoop van tenderdokumente toe. Dit moet egter teen ‘n redelike prys geskied en nie klein- en medium-grootte diensverskaffers uitsluit nie. 

DA-parlementslid George Michalakis sê die prys van R10 000 is te hoog en kan nie as ‘n fooi – soos bepaal in die gids – beskryf word nie. Die besluit of die prys as ‘n redelike fooi aanvaar kan word, is egter nog nie deur Tesourie beantwoord nie.

OFM-nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.