On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Vrystaat #ANC-raadslede sal dalk moet bontstaan

───   CATHY DLODLO 07:00 Thu, 21 Apr 2022

Vrystaat #ANC-raadslede sal dalk moet bontstaan | News Article

Dae voor ‘n opvolg-besoek van President Cyril Ramaphosa het die binnegevegte en omstredenheid rondom die Vrystaat se waarnemende munisipale bestuurders op sosiale media opslae gemaak.

Woordvoerder van die Provinsiale Tussentydse Komitee van die ANC, Oupa Khoabane, het bevestig dat die president weer die komende naweek ‘n besoek aan Mangaung gaan bring. 

Hy sê die moontlikheid bestaan dat die politieke status van die Mangaung Munisipaliteit - wat nou onder nasionale administrasie geplaas is – onder bespreking gaan kom. Verskeie rolspelers het tydens ‘n sitting van die Nasionale Raad van Provinsies aangedui dat raadslede van die ANC in die raad in verskeie faksies verdeel is.

Voorleggings aan parlementslede en lede van die NRVP het daarop gedui dat die binnegevegte die raad lamgelê het. ANC-raadslede kan glo nie eens ooreengestem oor wanneer ‘n raadsitting moet plaasvind nie. 

Omstredenheid oor die aanstelling van verskeie waarnemende munisipale bestuurders het ook voortgeduur.

In ‘n voorlegging deur die Suid-Afrikaanse Plaaslike Regeringsvereniging (Salga) is daar kommer uitgespreek oor die feit dat verskeie senior bestuurders se kontrakte reeds of binnekort ten einde sou kom en dat die onenigheid in die raad nuwe aanstellings sou bemoeilik.

OFM-nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.