Central SA
Vrystaatse boer sukkel met rou riool─── CATHY DLODLO 10:56 Thu, 21 Apr 2022
‘n Vrystaatse boer sukkel al vir maande om sy plaaslike munisipaliteit sover te kry om die vloei van rou riool vanaf die munisipale rioolplaas te stop.
Gerhardus Dreyer, wat net buite Hertzogville boer – deel van die Tokologo-munisipaliteit – sê die swaar reën die afgelope tyd het sy probleem vererger. Hy sê hy is nou behoorlik raadop.
DA-raadslid van die munisipaliteit, Johann Steenkamp, sê hy het die probleem al verskeie kere onder die aandag van die munisipaliteit gebring, maar ten spyte van vele beloftes het niks daarvan gekom nie.
OFM-nuus het vrae aan die Tokologo-munisipaliteit gestuur.
