On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Vrystaat-LUR sê oor beweerde vooruitbetalings

───   CATHY DLODLO 06:00 Thu, 21 Apr 2022

Vrystaat-LUR sê oor beweerde vooruitbetalings | News Article
William Bulwane. File image

Die Vrystaatse LUR vir Polisie, Paaie en Vervoer gaan na verwagting Donderdag reageer op bewerings dat sy departement miljoene rande in vooruitbetalings aan pad-kontrakteurs bestee het.

OFM-nuus het vroeër berig dat LUR William Bulwane aangedui het dat hy nie veel inligting hieroor kan bekend maak nie, want sommige inligting is sub judice. Sy kantoor het egter aangedui dat ‘n nuuskonferensie – om die bewerings te bespreek – vandag gehou gaan word.

Die Provinsiale Sekretaris van die EFF in die Vrystaat, Malefane Msimanga, het beweer dat dié departement, alvorens enige werk verrig is, altesaam R180 miljoen aan kontrakteurs betaal het. 

Bulwane gaan ook na verwagting aandui hoe ver sy kantoor is met die ondersoek na amptenare in sy department wat betrokke was by wanadministrasie en onbehoorlike gedrag. 

Dit kom nadat die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, gevind het dat die departement skuldig is aan onnodige vertraging toe dit versuim het om ‘n aansoek vir ‘n private voertuigtoetsstasie te oorweeg. 

Dié aansoek is reeds in 2015 gedoen. Ingevolge Mkhwebane se verslag moet die Hoofdirekteur: Korporatiewe Dienste, amptenare wat vir die vertraging verantwoordelik is, ondersoek en teen die skuldiges optree.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.