On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

#HeavyRains: Postmasburg-storm raak 120 gesinne

───   10:55 Mon, 25 Apr 2022

#HeavyRains: Postmasburg-storm raak 120 gesinne | News Article

Nagenoeg 120 huishoudings is weens 'n storm - wat Postmasburg in die Noord-Kaap getref het - haweloos gelaat.

Die naweek se storm, wat sowat 30 minute geduur het, het huise se dakke afgewaai en ander infrastruktuur beskadig. 

Die Tsantsabane Munisipaliteit se Heinrich Mathobele sê verskeie informele strukture is in Postdene, Groenwater, Boichoko en die Marantheng-woongebiede oorstroom, terwyl inwoners vasgekeer was. 

Mathobele sê aan OFM-nuus twee kerke se dakke is ook afgewaai, en alternatiewe akkommodasie is by die skougronde beskikbaar gemaak. 

Hy sê rampbestuurspanne is ontplooi terwyl 'n spesiale raadsvergadering gehou is om die omvang van die storm - en 'n aksieplan - te bespreek. 

Die munisipaliteit het 'n beroep op inwoners gedoen om versigtig te wees waar water voorkom en om skade by die owerhede aan te meld.

OFM-nuus/Roderick Titus



@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.