On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Senior amptenare van Sol Plaatje Munisipaliteit deur inwoners aangehou

───   09:14 Wed, 04 May 2022

Senior amptenare van Sol Plaatje Munisipaliteit deur inwoners aangehou | News Article

Verskeie senior munisipale amptenare van die Sol Plaatje Munisipaliteit in die Noord-Kaap is onder diegene wat gisteraand deur inwoners van die Cru-woonstelle in Leratopark in Kimberley aangehou is.

Dit sluit die uitvoerende burgemeester, Kagisho Sonyoni, sowel as die munisipaliteit se hoof van finansies en die bestuurder in.

Die woordvoerder van die munisipaliteit, Thoko Riet, sê die amptenare is intussen sonder enige voorvalle vrygelaat. 

Inwoners het die munisipaliteit daarvan beskuldig dat hulle nie aan griewe gehoor gee nie. Die polisie moes ingryp om met inwoners te praat nadat hulle geweier het dat die amptenare die woonstelle verlaat. 

Sekuriteitsbeamptes is ook minstens twee weke gelede toegang tot die hoofhekke na die woonstelle geweier weens inwoners se ongelukkigheid nadat water en elektrisiteit na die woonstelle afgesny is.

OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.