Central SA
Vrystaat LPW se skok oor toestand van hospitaal─── CATHY DLODLO 09:11 Fri, 06 May 2022
Die toestand van die terrein rondom die Vrystaatse Psigatriese Kompleks, ook bekend as die Oranje-hospitaal, is haglik, volgens ‘n Vrystaatse Lid van die Provinsiale Wetgewer.
Die DA se Mariëtte Pittaway sê sy het verlede week ‘n ter plaatse inspeksie by die hospitaal gedoen as deel van haar oorsigrol. Sy het het sowat drie jaar gelede ‘n klag oor die einste hospitaal by die Menseregtekommissie aanhangig gemaak. Pittaway sê sy was geskok oor die toestand van die terrein.
Lees ook: #Exclusive: Problems at Free State Psychiatric Complex - PHOTOS
Sy het gereageer op OFM-nuus se eksklusiewe berig oor die gebrekkige instandhouding van die hospitaalgebou, die spyskaart en porsies van die kos vir pasiënte, en probleme by die wassery waar pasiënte se klere vir dae opgestapel word.
Woordvoerder van die Vrystaatse Gesondheidsdepartement, Mondli Mvambi, het in reaksie op mediavrae gesê die departement het ‘n taakspan aangestel om ‘n dringende ondersoek na die beweringe deur pasiënte en personeel te doen.
